Articles
Die SAHomeschoolers ontvang gereeld oproepe van ouers wat vra waarheen hulle hul kind kan stuur om tuisonderwys te ontvang. Volgens die wet is tuisonderwys egter wanneer kinders hulle onderwys by hulle eie huis ontvang. Ouers kan nie hulle kinders erens anders heen stuur om tuisonderwys te ontvang nie.
Tuisskole, mikroskole, huisskole, hulpsentrums, leersentrums, ongeregistreerde privaatskole, -en lae-tariefskole is egter almal verskillende terme wat gebruik word vir ’n sterk groeiende nuwe verskynsel in die Suid-Afrikaanse onderwysomgewing. Dit is naamlik (meestal) klein onafhanklike of privaatskole wat bedryf word deur ’n klein groepie entrepreneurs, ouers, oud-onderwysers of vrywilligers. Hierdie verskynsel is onlangs erkenning gegee in 'n navorsingsverslag van die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming. Hierdie verslag beskryf hierdie verskynsel as verskuilde bates van Suid-Afrika. Hierdie navorsing is opgevolg in 2012 met 'n verslag met die titel "Promoting School choice for the poor" en in 2013 met 'n verslag getiteld "Affordable private schools in South Africa".
Hierdie soort skole groei veral sterk in lande soos Indie, Pakistan, Chili, Ghana, en Colombië, maar kom selfs ook voor in hoogs gereguleerde lande soos Nederland. In Nepal het 'n voormalige akteur 'n netwerk van bamboesskole begin om bekostigbare privaatonderwys aan arm mense te verskaf.
REGSOMGEWING VAN LEERSENTRUMS
Alhoewel Suid-Afrikaanse burgers die grondwetlike reg (Art 29-3) het om onafhanklike of privaatskole te stig en te bedryf, is baie van hierdie skole nie geregistreer by die provinsiale owerheid nie. Volgens bg. verslag is die redes waarom baie onafhanklike of privaatskole nie geregistreer is nie, omdat daar van alle skole verwag word om te voldoen aan ’n groot aantal streng vereistes wat opgestel is deur amptenare wat geen kennis het van onafhanklike of privaat onderwys nie. Verder neem dit soms jare voordat ’n skool geregistreer is.
Amptenare by die Departement van Onderwys is negatief oor hierdie soort skole en beskou hulle as “fly by nights” wat ouers uitbuit deur baie geld te vra en swak onderwys te lewer en meen dat hierdie soort skole gesluit behoort te word. Ongeregistreerde onafhanklike of privaatskole loop dus voortdurend die risiko dat hulle deur die owerhede opgespoor en gesluit kan word.

INISIATIEF OM LEERSENTRUMS TE ONDERSTEUN
Gegee dat Suid-Afrikaanse burgers ’n grondwetlike reg het om onafhanklike of privaatskole te stig;
gegee dat die provinsiale owerhede onredelike swaar en onregmatige registrasievereistes op burgers plaas om hierdie grondwetlike reg uit te oefen;
gegee dat daar entrepreneurs is wat klein onafhanklike of privaatskole wil stig en onderhou;gegee dat daar ouers is wat hulle kinders na hierdie skole wil stuur om daardeur die belange vir die kinders te bevorder;
Die inisiatief sal die volgende voordele gee aan belanghebbers:
- Entrepreneurs sal onafhanklike of privaatskole kan stig en uitbou sonder die risiko dat hulle gesluit kan word indien hulle nie aan onredelike en onregmatige eise van die provinsiale owerheid voldoen nie.
- Ouers sal hierdie skole kan vind en kontak.
- Kurrikulumverskaffers sal hulle produkte aan hierdie skole kan bemark .
As deel van die inisiatief verskaf Vereniging vir Tuisonderwys verskaf die volgende dienste:
- Die SAHomeSchoolers,Org maak 'n fasiliteit beskikbaar op sy webwerf waardeur ouers direk of deur kurrikulumverskaffers in verbinding kan kom met ongeregistreerde onafhanklike of privaatskole. Op hierdie wyse kan ouers en ongeregistreerde skole met mekaar in aanraking kom, sonder dat die skool se besonderhede publiek vertoon word.
- Die SAHomeSchoolers.Org maak 'n fasiliteit beskikbaar op sy webwerf waardeur kurrikulumverskaffers wat leersentrums ondersteun hulle produkte en dienste kan adverteer aan entrepeneurs wat 'n leersentrum wil begin.
- Om leersentrums te adviseer oor regulatoriese aspekte kan daar aangesluit word by EduComply.
Ouers wat op soek is na 'n ongeregistreerde onafhanklike of privaatskool in hulle gebied, kliek hier en voltooi 'n vorm. Die vorm sal gestuur word aan leersentrums en aan kurrikulumverskaffers wat materiaal verskaf aan hierdie skole, en hulle sal die skool vra om u te kontak.
Events
Legal & Research
Centres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Imperial International College
Imperial International College offers Online Education for High ...
Music Classes: Percussion Music ...
Percussion Music Group There is no greater joy than making ...
Frequently Asked Questions
-
Do I need to be a qualified teacher?
No. Research has found no correlation between the qualification of the parent and the academic performance of the child. Research shows that...
-
Is homeschooling legal in South Africa?
Yes. Since 1994, the right for parents to home educate their children was legalised in South Africa through the adoption of the new constitution. In...
-
Do home learners get homework?
In general all their schoolwork is homework and they do not get to do extra work in the afternoons. A tutor might give some extra work to complete...
-
Do home learners sometimes wish they were in school and were normal?
They generally like being homeschooled. Some homelearners go to school for the experience but many return to homeschooling as within the homeschool...
Has no content to show!
