Afrika tale (uitgesluit Afrikaans) kan verpligtend word vir universiteit studente
Die VF+ het onlangs gerapporteer dat die Departement van Kommunikasiewetenskappe aan UNISA van plan is om ‘n voorstel by die universiteit se Senaat in te dien om alle kursusse van hierdie departement vanaf 2012 slegs in Engels aan te bied. By Universiteit Stellenbosch heers daar al jare 'n stryd oor die uitfasering van Afrikaans by daardie universiteit.
Vandag word gerapporteer dat die Minister vir hoer onderwys beplan om die aanleer van 'n Afrika taal as 'n voorwaarde te stel om 'n graad te verwerf.
In die berigte is dit duidelik dat Afrikaans nie as 'n Afrika taal beskou word nie, ondanks die feit dat Afrikaans 'n taal is wat in Afrika ontstaan het. Dit lyk dus of 'n Afrika taal beskou word as enige van die 11 amptelike tale, met Engels en Afrikaans uitgesluit.
Dit lyk dus of die strategie van die huidige politieke bedeling is om Afrikaans uit te faseer as onderrigmedium op alle universiteite, en Afrika tale (uitgesluit Afrikaans) met dwang in te faseer as taal wat alle studente moet leer.
Gegee dat staatsgesubsidieerde instellings Afrikaans gaan uitfaseer, is die toekoms vir tersiere onderwys in Afrikaans in die privaat sektor. Daarom is dit belangrik dat inisiatiewe die ondersteuning moet geniet van die Afrikaans sprekende gemeenskap.
Events
Has no connect to show!
Legal & Research
Homeschooling and the law
Home schooling was recognized in 1996 in Section 51 of the SA Schools
+ ViewCentres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Elroi Academy (Gr 8 - 12)
Elroi Academy – Top-Rated Distance Education Provider in South ...
Engineering Graphics and Design
At IGOaanlyn/EGDonline the student will: Have full access to ...
Learning Mates: Early Learning ...
Learning Mates Start smart: Tools for early learning success ...
Frequently Asked Questions
-
Do homeschoolers take holidays?
Yes, they take breaks. Some homeschool families follow the public school year calendar especially if they are involved in sport and music...
-
Will digital ID’s affect homeschoolers?
South Africa is busy introducing digital ID’s. Many parents are concerned that this will infringe on the freedom to choose home education. Creating a...
-
Can I be a working mom and homeschool?
Single parents who are committed to homeschool organize a schedule around their work commitments and sometimes involve family or tutors to assist...
-
Is home education often used as a smoke screen to hide child neglect?
State interference in home education is often justified as something that can identify situations where home education is used as a smoke screen to...

Comments